Leviticus 21:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy mag ook by geen dooie ingaan nie en hom nie vir sy vader of sy moeder verontreinig nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy mag homself nooit verontreinig deur naby ’n lyk te kom nie, selfs al is dit sy pa of ma. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie; |
| Afrikaans 1983 | Hy mag ook glad nie naby enige lyk kom nie, hy mag nie eens met die lyk van sy pa of ma verontreinig word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | By geen dooie mag hy kom nie; selfs deur sy vader of sy moeder mag hy hom nie verontreinig nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy mag glad nie by 'n lyk kom nie, ook nie by sy pa of sy ma se lyk nie, hy sal onrein word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy mag nie sy belangrikheid verminder en naby enige dooie mens kom nie. Selfs nie eens as sy pa of ma dood is, mag hy |