Leviticus 21:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat die hoëpriester onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegooi is en wat geheilig is om die klere aan te trek, mag sy hoof nie ontbloot en sy klere nie skeur nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Die hoëpriester, oor wie se kop salfolie uitgegiet is en wat georden is om spesiale priesterklere te dra, mag nooit sy hare laat los hang of sy klere skeur om te rou nie.
Afrikaans 1933/1953 En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie.
Afrikaans 1983 Die hoëpriester op wie se kop olie uitgegiet is om hom te salf en wat georden is om die heilige klere te dra, mag glad nie rou deur sy hare onversorg te laat of sy klere te skeur nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Die priester wat die grootste onder sy broers is, op wie se kop die salfolie gegiet is, wat gewy is om die priesterklere aan te trek – die hare op sy kop mag hy nie laat loshang nie en sy klere mag hy nie skeur nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die hoëpriester is belangriker as die ander priesters. 'n Ander priester het hom gewy en het salf-olie op sy kop gegooi. Die hoëpriester moet die gewyde klere dra. Daarom mag die hoëpriester nie sy hare los laat hang nie en hy mag nie sy klere skeur wanneer hy wil rou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die persoon wat aangestel is om die leier van die dienaars by die Here se tent te wees en die spesiale klere daarvoor dra, mag nie sy hare los laat hang of sy klere skeur wanneer hy treur oor iemand wat dood is nie.