Leviticus 21:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Daar sal niemand onder sy volk deur die dooies verontreinig word nie,
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die priesters om hulleself nie onrein te maak deur aan die lyk van ’n familielid te raak nie,
Afrikaans 1933/1953 Verder het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan 'n dooie moet 'n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;
Afrikaans 1983 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die Aäronitiese priesters: 'n Priester mag hom nie verontreinig deur naby 'n lyk te kom nie, al is die oorledene ook 'n familielid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Praat met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle, ‘'n Priester mag hom nie met 'n dooie persoon onder sy mense verontreinig nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die priesters van die nageslag van Aäron sê hulle mag nie raak aan 'n lyk van iemand in hulle familie wat dood is nie, want dan sal hulle onrein word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Moses gesê dat hy vir die mense uit Aäron se familie wat vir Hom by die tent werk, moet waarsku. “Hulle moet nie hulleself onbruikbaar vir hulle werk maak en aan iemand uit die volk wat dood is, se lyk vat nie.