Leviticus 20:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die siel wat hom bekeer na geeste van afgestorwenes en towenaars om agter hulle aan te hoereer, Ek sal selfs my aangesig teen daardie siel rig en hom onder sy volk uitroei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As iemand onder die volk ontrou is deur geeste of waarsêers te raadpleeg, sal Ek teen hulle optree en hulle verwyder van die gemeenskap. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen die persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit. |
| Afrikaans 1983 | Enigiemand wat aan My ontrou is deur hulp te soek by geeste of waarsêers, teen hom sal Ek optree: Ek sal hom van sy volksgenote afsny. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ En iemand wat hom wend tot waarsêergeeste en voorvadergeeste om agter hulle aan te hoereer – Ek sal teen so iemand draai en hom uit die midde van sy volk verwyder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer 'n persoon wil vra wat hy moet doen, dan vra hy dit miskien vir die geeste van mense wat gesterf het, of vir waarsêers. Daardie persoon is ontrou aan My. Ek sal sy vyand wees en Ek sal hom afsny van sy volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek verwerp die persoon wat afdwaal en agter spiritiste en die geeste van dooies aanloop. Hy is nie meer een van die volk nie. |