Leviticus 20:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal Ek my aangesig rig teen daardie man en teen sy familie en hom uitroei en almal wat agter hom aan hoereer, om te hoereer met Molog, onder hulle volk uit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sal Ek teen hulle optree en hulle uit die gemeenskap verwyder saam met almal wat prostitusie gepleeg het deur Molek te aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan sal Ek my aangesig rig teen die man en sy geslag, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit. |
| Afrikaans 1983 | sal Ek self ingryp en so iemand en sy familie sowel as almal wat saam met hom ontrou is en vir Molek dien, van sy volksgenote afsny. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal Ek My teen daardie man en sy familie rig, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer en sodoende agter Moleg aan hoereer, verwyder uit die midde van hulle volk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan sal Ek self daardie man en sy familie se vyand wees. Ek sal hom afsny van sy volk, en ook almal wat saam met hom ontrou was en wat vir Molek gedien het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal Ek self teen hom en sy familie optree. Ek sal hom en elkeen wat saam met hom ontrou is aan My en agter Molek aanloop, uit die volk wegvat. |