Leviticus 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal my aangesig teen daardie man rig en hom onder sy volk uitroei; omdat hy van sy nageslag aan Molog gegee het om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal self teen hulle optree en hulle van die gemeenskap afsny omdat hulle my heiligdom onrein gemaak het en my heilige Naam ontheilig het deur hulle kinders aan Molek te gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal my aangesig teen die man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig. |
| Afrikaans 1983 | anders sal Ek self teen so iemand optree en hom van sy volksgenote afsny omdat die wyding van 'n kind aan Molek my heiligdom onrein maak en my heilige Naam ontheilig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | anders sal Ek self teen daardie man draai en hom uit die midde van sy volk verwyder, omdat hy van sy nageslag afgestaan het aan Moleg om so my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal self daardie man se vyand wees, Ek sal hom afsny van sy volk, want hy het 'n kind van sy nageslag vir Molek gegee. Dit het my tempel onrein laat word en my heilige Naam ontwy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek verwerp so iemand en Ek beskou hom nie langer as deel van die volk nie. Wanneer hy sy kind vir Molek gee, het hy My goedkoop gemaak en my Naam deur die modder gesleep. |