Leviticus 20:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook 'n man of vrou wat 'n gees van afgestormde aard het of 'n towenaar is, moet sekerlik gedood word; hulle moet hulle stenig; hulle bloed sal op hulle wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mans en vroue onder julle wat hulle besig hou met geeste of beswerings moet gestenig word. Hulle is skuldig aan ’n baie ernstige oortreding.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as daar in 'n man of vrou 'n gees van 'n afgestorwene is of 'n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle. |
| Afrikaans 1983 | Enige mens wat hom ophou met die oproep van geeste of met beswering, moet doodgemaak word. Hy moet met klippe doodgegooi word. Hy verdien die dood.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘As daar 'n man of 'n vrou is in wie daar 'n waarsêergees of voorvadergees is, moet hulle beslis sterf. Die mense moet hulle met klippe doodgooi. Hulle bloedskuld is op hulle.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Party mans of vroue sê hulle kan praat met die geeste van mense wat gesterf het. Daardie mans of vroue moet sterf, en ook mense wat sê hulle weet wat ander mense nie kan weet nie. Julle moet hulle doodgooi met klippe, hulle is skuldig.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Enige man of vrou wat met die geeste van dooies probeer praat of waarsêery probeer beoefen, moet met klippe doodgegooi word. Hulle het self hulle doodstraf oor hulle gebring.” |