Leviticus 20:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom moet julle 'n verskil maak tussen rein en onrein en tussen onrein voëls en rein; en julle mag julle siele nie 'n gruwel maak deur die diere of deur voëls of deur enige lewende wesens wat op die aarde kruip wat Ek afgesonder het nie en van julle as onrein. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom moet julle tussen rein en onrein diere, en tussen rein en onrein voëls onderskei. Julle moet julleself nie onrein maak deur ’n dier of voël of iets wat op die aarde kruip te eet wat Ek verbied het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom moet julle 'n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak julleself nie 'n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar. |
| Afrikaans 1983 | Daarom moet julle by diere en voëls onderskeid maak tussen rein en onrein. Julle mag julle nie besoedel met die diere of voëls of met enigiets wat op die aarde kruip wat Ek afgesonder het as dinge waardeur julle onrein gemaak word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Julle moet die rein diere onderskei van •onreines en die rein voëls van onreines. Julle mag nie julleself walglik maak deur diere of voëls of enigiets wat op die grond kruip, wat Ek vir julle as onrein afgesonder het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle ook dit onthou: Die rein diere en voëls is nie dieselfde soos onrein diere en voëls nie. Ek het vir julle gesê watter diere onrein is. Julle moenie raak aan een van die onrein diere of voëls of klein diertjies nie, want dan sal julle ook onrein word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet ook onderskei tussen die diere wat aanvaarbaar is om te eet en dié wat nie reg is nie. Onderskei tussen die voëls wat vir My reg is en dié wat Ek nie wil hê julle moet eet nie. Julle moenie julleself afstootlik maak en gaan staan en eet van die diere of voëls of reptiele wat op die grond rondkruip wat Ek vir julle uitgewys het nie. |