Leviticus 20:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek het vir julle gesê: Julle sal hulle land in besit neem, en Ek sal dit aan julle gee om dit in besit te neem, 'n land wat oorloop van melk en heuning: Ek is die HERE julle God wat julle van ander volke geskei het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het jou belowe dat julle hierdie baie vrugbare land sal erf. Ek, die Here, is julle God en Ek het julle afgesonder van al die ander volke.
Afrikaans 1933/1953 En Ek het vir julle gesê: Julle sal hulle land in besit neem, en k sal dit aan julle as besitting gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Ek is die HERE julle God wat julle van die volke afgesonder het.
Afrikaans 1983 Ek het julle belowe dat julle hulle land in besit sal neem. Dit is Ek wat hierdie land aan julle gee om dit in besit te neem, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Ek is die Here julle God, Ek het julle afgesonder van die ander volke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het vir julle gesê, “Julle sal hulle grondgebied in besit neem. Ek self gee dit vir julle as besitting – 'n land wat oorloop van melk en heuning.” Ek, die Here, is julle God wat julle van die ander volke afgesonder het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir julle gesê dat julle hulle land moet vat, Ek gee dit vir julle om vir julleself te vat. Dit is 'n land waar daar baie melk en heuning is. Ek is julle God die Here, Ek het gesê julle moet my spesiale volk wees tussen die ander volke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het julle belowe dat julle die land sal besit. Ek self skenk dit aan julle dat dit julle besitting kan word. Dit is ’n land waarin daar meer as genoeg is van alles. Dit is ook Ek, die Here julle God, wat julle tussen al die nasies uitgesoek het om julle aan My te verbind.