Leviticus 20:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle mag nie wandel in die maniere van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want hulle het al hierdie dinge gedoen, en daarom het Ek hulle verafsku. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie die gebruike van die volke wat Ek voor julle uitdryf navolg nie. Dit is omdat hulle sulke verskriklike dinge doen dat Ek hulle so verafsku. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle mag nie wandel in die insettinge van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen; daarom het Ek 'n afsku van hulle gekry. |
| Afrikaans 1983 | Julle mag nie die gebruike van die nasies wat Ek voor julle gaan uitdryf, navolg nie. Ek het juis 'n afsku van hulle gekry omdat hulle al hierdie dinge doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle mag nie die gebruike volg van die nasies wat Ek voor julle gaan uitdryf nie, want hulle het al hierdie dinge gedoen, en Ek het 'n afsku in hulle gehad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie lewe soos die ander volke nie, Ek het hulle weggejaag om plek te maak vir julle. Hulle het al hierdie verkeerde dinge gedoen, en Ek het hulle gehaat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie die gewoontes aanleer van die nasies wat Ek voor julle uit verdryf nie. Ek het ’n weersin in hulle omdat hulle hierdie dinge doen. |