Leviticus 20:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen, sodat die land waarheen Ek julle bring om daarin te woon, julle nie uitspuug nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle moet al my reëls en regulasies noukeurig gehoorsaam, anders sal die land waarheen Ek julle bring, julle uitspoeg.
Afrikaans 1933/1953 Onderhou dan al my insettinge en al my verordeninge en doen dit, dat die land waarheen Ek julle bring om daarin te woon, julle nie uitspuug nie.
Afrikaans 1983 “Julle moet al my voorskrifte en bepalings gehoorsaam en dit uitvoer. As julle dit nie doen nie, sal die land waarheen Ek julle laat trek om daar te woon, julle uitspoeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Julle moet al my vaste voorskrifte en al my beslissings nakom en dit uitvoer sodat die land waarheen Ek julle gaan neem om in te woon, julle nie ook uitspoeg nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet aanhou om alles te doen wat Ek sê en besluit, dan sal Ek julle bring na 'n land, en daardie land sal julle nie wegjaag nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hou stip by al my reëls en by al my riglyne, en lewe daarvolgens. Die land waarheen Ek julle vat om daar te gaan woon sal julle dan nie uitspoeg nie.