Leviticus 20:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as 'n man sy broer se vrou neem, is dit 'n onrein ding; hy het die skaamte van sy broer ontbloot; hulle sal kinderloos wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As ’n man trou met sy broer se vrou, is dit ’n onrein daad. Hy het sy broer oneer aangedoen en die skuldige paar sal kinderloos bly.
Afrikaans 1933/1953 En as 'n man sy broer se vrou neem, is dit bloedskande. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; sonder kinders sal hulle wees.
Afrikaans 1983 As 'n man sy broer se vrou afneem, is dit 'n skandelike daad. Die man het skande oor sy broer gebring. Die man en die vrou verbeur al hulle regte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As daar 'n man is wat sy broer se vrou vat, het hy die naaktheid wat aan sy broer behoort, ontbloot – dit is besoedeling. Kinderloos sal hulle wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En as 'n man seks het met sy broer se vrou, dan maak dit hulle onrein. Hy het skande gebring oor sy broer se naam, en die man of die vrou sal nooit kinders hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is ’n skande as iemand sy broer se vrou afvry. Hy het skande oor sy broer gebring. Hulle sal nooit kinders hê nie.”