Leviticus 20:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder moet jy aan die kinders van Israel sê: Elkeen van die kinders van Israel of van die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy nageslag aan Molog gee; hy moet sekerlik gedood word; die volk van die land moet hom stenig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gee vir die Israeliete hierdie instruksies. Dit is instruksies wat van toepassing is op sowel gebore Israeliete as die vreemdelinge wat tussen julle lewe. As enigiemand onder julle hulle kinders aan Molek as brandoffers wy, moet hulle deur die mense van die gemeenskap gestenig word.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet ook aan die kinders van Israel sê: Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig.
Afrikaans 1983 “Sê vir die Israeliete: Elke Israeliet en vreemdeling in Israel wat sy kind aan Molek wy, moet met die dood gestraf word: die burgers moet hom met klippe doodgooi,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Vir die Israeliete moet jy sê, ‘Enigiemand onder die Israeliete en onder die •vreemdelinge met tydelike verblyf in Israel wat van sy nageslag aan Moleg afstaan, moet beslis sterf. Die volk van die land moet hom met klippe doodgooi;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir die Israeliete sê: 'n Israeliet of 'n vreemdeling in die land wat 'n kind van sy nageslag vir Molek gee, moet sterf. Die mense van die land moet hom doodgooi met klippe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) om vir die Israeliete te sê: “Enigeen uit Israel of uit die buitelanders wat tydelik in Israel bly wat sy kind aan die afgod Molek offer, moet beslis doodgemaak word. Die volk moet hom met klippe doodgooi.