Leviticus 20:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy mag die skaamte van jou moeder se suster en van jou vader se suster nie ontbloot nie, want hy het sy naaste ontbloot; hulle sal hul ongeregtigheid dra.
Afrikaans (NLV) 2011 “As ’n man seksuele gemeenskap het met sy tante, sy ma se suster of sy pa se suster, het hy ’n naby familielid oneer aangedoen. Beide partye is skuldig aan ’n baie ernstige oortreding.
Afrikaans 1933/1953 Ook mag jy die skaamte van jou moeder se suster en van jou vader se suster nie ontbloot nie, want hy het sy bloedverwante ontbloot; hulle moet hul ongeregtigheid dra.
Afrikaans 1983 “Niemand mag gemeenskap hê met sy tante aan moederskant of aan vaderskant nie, want sy is 'n naaste bloedverwant. As dit gebeur, moet albei gestraf word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die naaktheid van jou moeder se suster of jou vader se suster mag jy nie ontbloot nie. As iemand 'n bloedverwant ontbloot, moet hulle hulle skuld dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy mag nie seks hê met jou pa of jou ma se suster nie. As jy dit doen, dan is jy én die vrou skuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag nie omgang hê met jou tannie nie, of dit nou aan jou pa of jou ma se kant is, want dit is bloedfamilie. Julle moet albei skuld aanvaar.