Leviticus 20:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as 'n man met 'n vrou gemeenskap het wat haar siekte het, en haar skaamte ontbloot; hy het haar fontein ontdek, en sy het die fontein van haar bloed ontbloot; en hulle al twee sal onder hulle volk uitgeroei word.
Afrikaans (NLV) 2011 As ’n man seksuele gemeenskap het met ’n vrou tydens haar menstruasie, moet beide verwyder word uit die gemeenskap. Hy het die bron van haar bloedvloeiing openbaar en sy het hom toegelaat om dit te doen.
Afrikaans 1933/1953 En as 'n man met 'n vrou gemeenskap het wat onwel is, en haar skaamte ontbloot hy het haar fontein ontbloot en sy die fontein van haar bloed dan moet hulle altwee uitgeroei word onder hulle volk uit.
Afrikaans 1983 As 'n man met die toestemming van 'n vrou wat menstrueer, gemeenskap met haar het, moet albei afgesny word van hulle volksgenote.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As daar 'n man is wat by 'n vrou slaap wat ongesteld is en hy ontbloot haar naaktheid – hy lê haar bron bloot en sy ontbloot die bron van haar bloeding – dan moet hulle albei verwyder word uit die midde van hulle volk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “As 'n man seks het met 'n vrou wat menstrueer, dan moet julle hulle altwee afsny van hulle volk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Man en vrou wat met wedersydse instemming saamslaap terwyl sy besig is om te menstrueer, moet al twee van die volk afgesny word.