Leviticus 20:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as iemand sy suster, sy vader se dogter of sy moeder se dogter neem en haar skaamte sien, en sy sien sy skaamte; dit is 'n goddelose ding; en hulle sal uitgeroei word voor die oë van hulle volk. Hy het die skaamte van sy suster ontbloot; hy sal sy ongeregtigheid dra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As ’n man seksuele gemeenskap het met sy suster, die dogter van sy pa of ma, is dit ’n verskriklike skande. Beide van hulle moet in die openbaar uit die gemeenskap verwyder word. Omdat die man seksuele gemeenskap met sy suster gehad het, moet hy onder die gevolge van sy skuld ly. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n man sy suster neem, sy vader se dogter of sy moeder se dogter, en hy haar skaamte sien en sy sy skaamte sien, is dit 'n skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk uitgeroei word. Hy het die skaamte van sy suster ontbloot; hy moet sy ongeregtigheid dra. |
| Afrikaans 1983 | “As 'n man met sy suster of halfsuster se toestemming gemeenskap met haar het, is dit 'n skandelike daad. Hulle moet in die openbaar van hulle volksgenote afgesny word. Hy het skande oor sy suster gebring en moet die gevolge dra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As daar 'n man is wat sy suster, 'n dogter van sy vader of sy moeder, vat, en hy sien haar naaktheid en sy sien sy naaktheid, is dit 'n skande. Hulle moet voor die oë van hulle mense verwyder word. Die naaktheid van sy suster het hy ontbloot; sy skuld moet hy dra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En as 'n man trou met sy suster of met sy halwe suster en hy het seks met haar, dan is dit 'n skande. Julle moet hulle afsny van die volk, en die mense moet sien dat julle dit doen. Hy het skande gebring oor sy suster se naam, hy is skuldig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ’n man en sy suster of halfsuster met mekaar afspreek en met mekaar seks het, moet hulle in die openbaar uit die volk weggejaag word. Die man het sy suster onteer en hy moet daarvoor verantwoordelikheid aanvaar. |