Leviticus 20:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as 'n man 'n vrou en haar moeder neem, is dit boosheid: hulle moet met vuur verbrand word, hy sowel as hulle; dat daar geen goddeloosheid onder julle sal wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n man met ’n vrou en ook haar ma trou, is dit verskriklik verkeerd. Al drie moet verbrand word om sulke verkeerde dade onder julle uit te wis. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n man 'n vrou en haar moeder neem, is dit 'n skandelike daad; hulle moet hom en die twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedskande onder julle wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Iemand wat met 'n ma en haar dogter trou, begaan 'n afskuwelike sonde. Hulle moet al drie 'n vuurdood sterf. Julle mag sulke afskuwelike sondes nie duld nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As daar iemand is wat met 'n vrou en haar moeder trou, is dit 'n skanddaad. Die mense moet hom en die vroue met vuur verbrand. Daar mag nie so 'n skanddaad onder julle wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En dit is 'n slegte ding wanneer 'n man met 'n vrou én met haar ma trou. Julle moet hulle aldrie verbrand, daar mag nie so 'n slegte ding by julle gebeur nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is ’n skande as ’n man gemeenskap het met sy vrou sowel as sy skoonma. Hulle al drie moet met vuur verbrand word om sulke skandelike gedrag onder julle stop te sit. |