Leviticus 20:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As 'n man ook met 'n man gemeenskap het, soos hy met 'n vrou gemeenskap het, het hulle al twee 'n gruwel gedoen; hulle moet sekerlik gedood word; hulle bloed sal op hulle wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “As ’n man by ’n man slaap soos ’n man by ’n vrou slaap, moet beide doodgemaak word. Dit is ’n afskuwelike ding en hulle is skuldig aan ’n baie ernstige oortreding.
Afrikaans 1933/1953 En as 'n man met 'n manspersoon gemeenskap het soos 'n mens met 'n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
Afrikaans 1983 “Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen 'n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As daar iemand is wat by 'n manlike persoon slaap soos by 'n vrou, het hulle albei iets afstootliks gedoen. Hulle moet beslis sterf. Hulle bloedskuld is op hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En die man wat seks het met 'n ander man, moet sterf. Hulle het iets gedoen wat die Here haat, hulle moet altwee sterf, hulle is skuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ’n man seksueel met ’n ander man verkeer soos met ’n vrou, het hulle iets baie leliks gedoen. Hulle is al twee skuldig en al twee moet doodgemaak word.