Leviticus 20:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die man wat owerspel pleeg met 'n ander man se vrou, ook hy wat owerspel pleeg met sy naaste se vrou, die egbreker en die egbreekster moet sekerlik gedood word.
Afrikaans (NLV) 2011 “As ’n man egbreuk pleeg met ’n ander man se vrou, moet beide die man en vrou doodgemaak word.
Afrikaans 1933/1953 En as iemand owerspel doen met 'n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.
Afrikaans 1983 “Iemand wat egbreuk pleeg met die vrou van 'n medeburger, moet doodgemaak word. Dit geld vir die man en ook vir die vrou wat egbreuk pleeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As daar iemand is wat owerspel pleeg met 'n vrou, moet daardie man wat owerspel pleeg met sy naaste se vrou beslis sterf – die owerspeler én die owerspeelster.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En die man wat egbreuk pleeg met 'n ander man se vrou, moet sterf, hy en die vrou moet sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As ’n man by ’n ander man se vrou slaap, moet hulle al twee doodgemaak word.