Leviticus 19:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as julle die oes van julle land insamel, moet jy nie die hoeke van jou land heeltemal afoes nie, en jy mag nie die afoes van jou oes insamel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer julle julle lande oes, moenie die graan tot teen die kante van die veld oes nie, en moet ook nie dit optel wat val nie.
Afrikaans 1933/1953 En as julle die opbrings van julle land oes, moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie.
Afrikaans 1983 “Wanneer julle julle lande afoes, moet julle nie die wenakkers afoes nie en ook nie die are wat bly lê, agterna optel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Wanneer julle die graanoes van julle grond insamel, mag jy nie die kant van jou land skoon afoes nie, en die oesreste mag jy nie optel nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer julle koring of gars afsny, dan moet julle nie alles tot by die kant van die land afsny nie, en julle moenie die koring-are of gars-are optel wat val nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer julle oes, moet julle nie alles tot op die kant van die land wegoes nie. Julle moet ook nie die are wat met die oes op die grond bly lê het, agterna weer gaan optel nie.