Leviticus 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, elkeen wat dit eet, sal sy ongeregtigheid dra, omdat hy die heiligdom van die HERE ontheilig het, en daardie siel sal onder sy volk uitgeroei word.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy dit eet op die derde dag, is jy verantwoordelik vir die sonde van verontreiniging van wat heilig vir die Here is en moet jy uit die gemeenskap verwyder word.
Afrikaans 1933/1953 En hy wat dit eet, moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom moet die siel uit sy volksgenote uitgeroei word.
Afrikaans 1983 Wie daarvan eet, is skuldig, want hy ontheilig wat aan die Here gewy is. So iemand sal van sy volksgenote afgesny word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die een wat dit eet, sal sy sondeskuld dra, omdat hy dit wat heilig is vir die Here, ontheilig het. Daardie persoon moet uit sy volk verwyder word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die persoon straf wat dit gedoen het, hy sal skuldig wees, want hy het iets ontwy wat aan die Here gewy is. Julle moet daardie persoon afsny van sy volk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat dit eet, doen boonop sonde, want hy gebruik die offer wat vir die Here gebring is vir homself. Daar is nie plek vir sulke mense in my volk nie.