Leviticus 19:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit moet geëet word op dieselfde dag as julle dit offer en die volgende dag; en as dit tot die derde dag oorbly, moet dit met vuur verbrand word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy moet dit eet op dieselfde dag waarop dit geoffer is, of op die laatste die volgende dag. Enigiets wat oorbly tot op die derde dag moet verbrand word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word; maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word. |
| Afrikaans 1983 | julle moet die vleis eet op die dag wanneer julle slag, of hoogstens die volgende dag. Wat oorbly tot die derde dag, moet verbrand word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die dag wanneer julle offer, moet dit geëet word, of die dag daarna. Wat tot die derde dag oorbly, moet met vuur verbrand word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle mag die vleis eet op die dag wanneer julle die dier slag en julle mag dit ook die volgende dag eet. Maar as daar vleis oorbly tot die derde dag, dan moet julle dit verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eet die vleis van hierdie offer nog op dieselfde dag wat julle dit slag. Julle kan dit selfs nog op die dag daarna eet. As daar op die derde dag nog iets daarvan oor is, moet julle dit verbrand. |