Leviticus 19:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Bekeer julle nie tot afgode nie en maak nie vir julle gegote gode nie: Ek is die HERE julle God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie op afgode vertrou of vir julleself gode van metaal maak nie. Ek, die Here, is julle God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God. |
| Afrikaans 1983 | Julle mag nie afgode dien nie en julle mag nie vir julle afgodsbeelde maak nie. Ek is die Here julle God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet julle nie tot nikswerd afgode wend nie. Gegote beelde mag julle nie vir julle maak nie. Ek, die Here, is julle God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie afgode begin dien nie en julle moenie vir julle beelde maak van gode nie. Ek is julle God die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie agter afgodjies aanhardloop nie. Moenie vir julleself afgode maak nie, want Ek, die Here, is mos alreeds julle God. |