Leviticus 19:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Net weegskaal, regverdige gewigte, 'n regverdige efa en 'n regverdige hin moet julle hê: Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle skale en gewigte moet akkuraat wees. Julle houers waarmee julle droë goed of vloeistowwe meet, moet akkuraat wees. Ek, die Here, is julle God. Ek het julle uit Egipte gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle moet 'n regte weegskaal hê, regte weegstene, 'n regte efa en 'n regte hin. Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet 'n betroubare skaal en die regte gewigte en inhoudsmate gebruik. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet 'n onvervalste weegskaal, onvervalste gewigte, 'n onvervalste efa en 'n onvervalste hin hê. Ek is die Here julle God, wat julle uit Egipteland laat wegtrek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet weegskale en gewigte gebruik wat reg weeg, en die efa of hin wat julle gebruik, moet reg wees. Ek is julle God die Here wat julle uit die land Egipte gebring het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die skaal wat jy gebruik, die gewigte wat jy daarop sit en die houer waarin jy iets afmeet, moet korrek wees. Omdat Ek, die Here julle God, julle uit Egipte bevry het, |