Leviticus 19:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die vreemdeling wat by jou woon, sal vir jou wees soos een wat onder jou gebore is, en jy moet hom liefhê soos jouself; want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle moet soos enigiemand anders behandel word en jy moet hulle liefhê soos jouself. Onthou dat julle ook vreemdelinge in Egipte was. Ek, die Here, is julle God.
Afrikaans 1933/1953 Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.
Afrikaans 1983 Julle moet hom soos 'n medeburger behandel en hom liefhê soos julleself. Julle was immers self ook vreemdelinge in Egipte. Ek is die Here julle God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vreemdeling wat verblyf by julle het, moet vir julle net soos 'n gebore Israeliet by julle wees. Jy moet vir hom lief wees soos vir jouself. Julle was immers self vreemdelinge in Egipteland. Ek is die Here julle God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vreemdeling moet vir julle wees soos 'n Israeliet, jy moet lief wees vir hom soos jy lief is vir jouself, want julle was ook vreemdelinge in die land Egipte. Ek is julle God die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***