Leviticus 19:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet opstaan voor die grys kop en die aangesig van die ou man eer en jou God vrees: Ek is die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Bewys jou eerbied vir God deur op te staan in die teenwoordigheid van oumense en bewys respek vir bejaardes. Ek is die Here.
Afrikaans 1933/1953 Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van 'n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
Afrikaans 1983 “Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Vir 'n grysaard moet jy opstaan, eerbied betoon aan 'n bejaarde en ontsag hê vir jou God. Ek is die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet opstaan wanneer 'n oumens na jou toe kom, jy moet hom respekteer en jy moet vir God respekteer en dien. Ek is die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Uit respek vir jou God moet jy staan wanneer daar oumense in die geselskap is. Jy moet hulle met agting behandel. Ek is die Here.