Leviticus 19:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle moet my sabbatte onderhou en my heiligdom ontsien: Ek is die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gehoorsaam my Sabbatdae van rus en bewys eerbied vir my heiligdom, want Ek is die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle moet my sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet my gebooie oor die sabbat gehoorsaam en eerbied hê vir my heiligdom. Ek is die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ My Sabbatte moet julle hou en vir my heiligdom moet julle ontsag hê. Ek is die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet my Sabbatdae vier en julle moet my tempel respekteer. Ek is die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer dit ’n rusdag is, moet julle rus. Julle moet ook respek hê vir die plek waar mense My ontmoet om My te aanbid. Ek is die Here. |