Leviticus 19:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle moet elkeen sy moeder en sy vader vrees en my sabbatte hou: Ek is die HERE julle God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen van julle moet respek hê vir julle ma en pa. Julle moet ook my Sabbatdae van rus nakom, want Ek, die Here, is julle God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God. |
| Afrikaans 1983 | Elkeen van julle moet eerbied hê vir sy ma en sy pa. Julle moet my gebooie oor die sabbat gehoorsaam. Ek is die Here julle God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elkeen van julle moet vir sy moeder en vader ontsag hê, en my Sabbatte moet julle onderhou. Ek is die Here julle God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Elke persoon moet sy ouers respekteer en julle moet my Sabbatdae vier. Ek is julle God die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elkeen moet vir sy ma en sy pa respek hê. Omdat Ek, die Here, julle God is, moet julle rus op die dae wat Ek daarvoor eenkant gesit het. |