Leviticus 19:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moenie jou dogter hoereer om haar 'n hoer te maak nie; dat die land nie in hoerery verval en die land vol goddeloosheid word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie jou dogter onrein maak deur van haar ’n prostituut te maak nie. Die land sal onsedelik word en vol van afskuwelike sondes.
Afrikaans 1933/1953 Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.
Afrikaans 1983 “Niemand van julle mag sy dogter die skande aandoen om haar 'n tempelprostituut te laat word nie. Dit lei tot hoerery en afskuwelike sondes in die land.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Jy mag jou dogter nie onteer deur van haar 'n prostituut te maak nie, sodat hoerery nie in die land posvat en die land vol skanddade word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moenie jou dogter 'n prostituut laat word nie, want dan sal julle haar ontwy. Dan sal ander mense in die land ook prostitute word, en die land sal vol word van mense wat hierdie slegte ding doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag nooit jou dogter beskikbaar stel om afgode te aanbid nie. Jy mag haar nooit as ’n prostituut by ’n heidense tempel laat werk nie. Dit sal maak dat die land se mense agter afgode aangaan en die land vol skandelike dinge word.