Leviticus 19:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as julle in die land kom en allerhande bome geplant het om te eet, moet julle die vrugte daarvan as onbesnedenes beskou; drie jaar lank moet dit vir julle onbesneden wees; daarvan mag nie geëet word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer julle julle in die land gevestig het en vrugtebome plant, mag julle die vrugte daarvan vir drie jaar lank nie oes nie en is die vrugte verbode vir julle. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees; daar mag nie van geëet word nie. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer julle julle in die land vestig en allerhande soorte vrugtebome plant, mag julle drie jaar lank glad nie die vrugte pluk nie. Die vrugte is vir julle verbode. Dit mag nie geëet word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Wanneer julle in die land aankom en allerhande vrugtebome plant, moet julle die vrugte daarvan as verbode beskou. Vir drie jaar moet dit vir julle verbode wees; dit mag nie geëet word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer julle in die land kom en julle plant vrugtebome, dan mag julle drie jaar lank nie die vrugte eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer julle in die land gaan woon waarheen Ek julle vat en julle vrugtebome daar plant, moet julle vir die eerste drie jaar glad nie die vrugte pluk nie. Hulle is dan soos iemand wat nog nie besny is en nog nie aan my volk behoort nie. Hulle mag nog glad nie geëet word nie. |