Leviticus 19:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester moet vir hom met die skuldofferram versoening doen voor die aangesig van die HERE vir sy sonde wat hy gedoen het; en die sonde wat hy gedoen het, moet hom vergewe word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester sal dan versoening vir hom bring in die teenwoordigheid van die Here met die offerram as skuldoffer en die man sal vergewe word. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE weens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | Die priester moet met die skuldofferram vir die eienaar van die slavin versoening doen by die Here oor die sonde wat gedoen is. Die sonde sal dan vergewe word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester moet met die ram van die hersteloffer vir hom voor die Here versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het. Dan sal hy vergewe word vir die sonde wat hy gedoen het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet die skuld-offer offer om versoening te doen vir die sonde wat die man gedoen het. Dan sal die Here sy sonde vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dienaar by die tent sal die ram slag om vir hom vergifnis by die Here te kry vir die oortreding wat hy begaan het. Hy sal vergewe word vir wat hy aangevang het. |