Leviticus 19:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring, by die ingang van die tent van samekoms, 'n ram as skuldoffer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man moet egter ’n ram as skuldoffer vir die Here bring by die ingang van die tent van ontmoeting.
Afrikaans 1933/1953 En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring by die ingang van die tent van samekoms 'n ram as skuldoffer;
Afrikaans 1983 Verder moet hy as skuldoffer vir die Here 'n ram bring na die ingang van die tent van ontmoeting toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man moet sy •hersteloffer vir die Here na die ingang van die •Tent van Ontmoeting bring, 'n ram as hersteloffer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man moet 'n skuld-offer vir die Here bring na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die skuld-offer moet 'n skaap-ram wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man wat by haar geslaap het, moet ’n ram vir sy skuld by die ingang van die Here se tent kom offer.