Leviticus 19:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen wat vleeslik met 'n vrou gemeenskap het, dit is 'n slavin, verloof aan 'n man, en hoegenaamd nie losgekoop nie, of vryheid aan haar gegee; sy sal gegésel word; hulle mag nie gedood word nie, omdat sy nie vry was nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer ’n man seksuele gemeenskap het met sy slavin wat reeds aan iemand anders belowe is, maar die koopsom is nog nie betaal nie, moet die man skadevergoeding betaal. Omdat sy egter nog nie vry was nie, hoef hulle nie doodgemaak te word nie.
Afrikaans 1933/1953 En as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n vrou wat 'n slavin is, vir 'n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vrygelaat nie.
Afrikaans 1983 “Wanneer die eienaar van 'n slavin reeds 'n ooreenkoms aangegaan het waarvolgens iemand anders haar as byvrou koop, en die eienaar het met haar gemeenskap voordat die prys betaal is en voordat hy van haar afstand gedoen het, moet hy aan die toekomstige eienaar skadevergoeding betaal. Hulle mag nie die doodstraf opgelê word nie, want hy het nog beskikkingsreg oor haar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Wanneer 'n man by 'n vrou slaap en sy is 'n slavin wat aan 'n ander man toegesê is, maar die vrykooptransaksie is nie afgehandel nie of vryheid is nog nie aan haar toegeken nie, moet daar skadevergoeding wees. Hulle mag nie doodgemaak word nie, want sy was nie vry nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “'n Man het miskien seks met 'n vrou wat 'n slavin is, en haar eienaar het belowe dat 'n ander man haar mag kry. As die ander man haar nog nie losgekoop het nie, en haar eienaar het haar nog nie vry laat weggaan nie, dan moet die man wat seks gehad het met haar, boete betaal aan die eienaar. Hulle mag nie die man en die vrou doodmaak nie, want haar eienaar het haar nog nie vry laat weggaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand anders se werker kan aan ’n ander man beloof wees. As iemand by haar slaap terwyl die ander man nog nie vir haar betaal het nie en haar eienaar het haar nog nie laat gaan nie, moet daar slegs vergoeding betaal word. Die twee hoef egter nie doodgemaak te word nie. Sy behoort nog steeds aan die oorspronklike eienaar.