Leviticus 19:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag nie wreek en geen wrok dra teenoor die kinders van jou volk nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie wraak soek of ’n grief teen iemand koester nie. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
Afrikaans 1983 Jy mag nie wraak neem of 'n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag nie haatdraend wees en 'n wrok koester teen die kinders van jou volk nie. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moenie dieselfde slegte ding aan 'n ander Israeliet wil doen wat hy aan jou gedoen het nie, jy moenie vir hom kwaad bly nie. Jy moet vir jou naaste so lief wees soos jy lief is vir jouself. Ek is die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie loop en kyk hoe jy iemand kan terugkry nie. Moenie met ’n grief rondloop teen een van jou volksgenote nie. Jy moet net soveel vir ander omgee as wat jy vir jouself omgee. Ek is die Here.”