Leviticus 19:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie; jy moet jou naaste in elk geval bestraf en geen sonde op hom ly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie haat teen enigeen van jou familielede in jou hart vertroetel nie. Wees reguit en wys jou buurman op sy oortreding sodat jy nie ook skuldig is aan wat hy verkeerd doen nie.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het, teen hom bly hou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Jy mag nie jou broer in jou hart haat nie. Wys jou volksgenoot openhartig tereg. Jy mag nie 'n misstap teen hom bly hou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy mag nie 'n ander mens haat nie, jy moenie nét aanhou sê iemand is skuldig nie, jy moet ook vir hom sê wát hy verkeerd doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie met ’n wrok in jou hart teen ’n ander rondloop nie. Praat die saak met hom uit sodat jy nie oor hom begin verkeerd doen nie.