Leviticus 19:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag nie op en af trek as 'n kwaadspreker onder jou volk nie, en jy mag nie teen die bloed van jou naaste standhou nie: Ek is die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie skinderstories onder mense versprei nie. Moenie probeer om jouself te bevoordeel ten koste van jou buurman se lewe nie, want Ek is die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag nie as 'n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Jy mag nie loop en skinder nie, jy mag nie jou medemens se lewe in gevaar stel nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy mag nie as 'n kwaadstoker tussen jou mense rondgaan nie; jy mag nie jou medemens se lewe in gevaar stel nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy mag nie skinder van mense nie. Jy mag nie iets doen wat gevaarlik is vir ander mense se lewe nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie loop en kwaadpraat oor ander nie. Moenie jou naaste se lewe bedreig nie. Ek is die Here. |