Leviticus 19:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag die dowes nie vloek nie en 'n struikelblok voor die blindes nie plaas nie, maar jy moet jou God vrees: Ek is die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wys jou eerbied vir God deur dowe mense met respek te behandel en moenie ’n blinde persoon laat struikel nie. Ek is die Here.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag 'n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
Afrikaans 1983 Uit eerbied vir jou God mag jy nie 'n dowe vloek of 'n hindernis in die pad van 'n blinde lê nie. Ek is die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag 'n dowe nie vervloek nie en voor 'n blinde nie 'n struikelblok lê nie. Jy moet vir jou God ontsag hê. Ek is die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy mag nie 'n dowe mens vervloek nie en jy mag nie in 'n blinde mens se pad iets sit waaroor hy kan val nie. Jy moet jou God respekteer en dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Uit respek vir jou God mag jy nie ’n dowe persoon met minagting behandel nie. Jy moet ook nie iets in die pad van ’n blinde mens sit sodat hy daaroor val nie. Ek is die Here.