Leviticus 19:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag jou naaste nie bedrieg nie en hom nie beroof nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie iemand bedrieg of beroof nie. Betaal jou gehuurde werkers nog dieselfde dag.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie jou naaste uitbuit of hom beroof nie. Jy mag nie 'n dagloner se loon terughou tot die volgende dag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag nie jou naaste uitbuit en beroof nie. Jy mag nie die loon van 'n dagloner deur die nag by jou hou tot die oggend nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy mag nie jou naaste verdruk en sy goed vir jouself vat nie. Jy moet elke dag die dagloner se beloning vir hom gee, jy moenie wag tot die volgende dag nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie jou medemens uitbuit en by hom steel nie. Betaal die tydelike werker wat jy hom skuld. Moenie dit terughou nie.