Leviticus 19:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle mag nie vals by my Naam sweer nie, en die Naam van julle God mag julle nie ontheilig nie: Ek is die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie my Naam gebruik om vals te sweer en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle mag nie vals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Julle mag nie 'n vals eed aflê in my Naam en so die Naam van julle God ontheilig nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle mag nie in my Naam 'n vals eed aflê en so die Naam van julle God ontheilig nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy mag nie vals wees wanneer jy iets belowe en sê die Here is die getuie nie. As jy dit doen, dan ontwy jy die Naam van jou God. Ek is die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet ook nie my Naam gebruik en dan ’n vals belofte aflê nie. Julle maak dan die Naam van julle God belaglik. Ek is tog die Here. |