Leviticus 19:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy mag nie jou wingerd afoes nie, en jy mag nie al die druiwe van jou wingerd afsamel nie; jy moet dit vir die arme en vreemdeling laat oorbly: Ek is die HERE jou God.
Afrikaans (NLV) 2011 Dieselfde geld vir die druiwe-oes. Moenie elke moontlike druiwetros afoes nie en moet ook nie druiwekorrels wat op die grond geval het, optel nie. Laat dit daar vir die armes en die vreemdelinge wat tussen julle woon, want Ek, die Here, is julle God.
Afrikaans 1933/1953 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
Afrikaans 1983 Julle moet ook nie die wingerde 'n tweede keer oes of die korrels wat val, optel nie. Laat dit alles bly vir die armes en die vreemdelinge. Ek is die Here julle God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag nie die naoes van jou wingerd afoes nie, en die trosse wat val, mag jy nie optel nie. Vir die weerlose en die •vreemdeling moet jy dit agterlaat. Ek is die Here julle God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer jy druiwe pluk, dan mag jy nie 'n tweede maal deur jou wingerd gaan om nog druiwe te pluk nie. Jy mag ook nie die druiwetrosse optel wat val nie. Jy moet hulle los vir arm mense en vir vreemdelinge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet ook nie julle wingerde kaal stroop tot op die laaste korrel nie. Moenie die druiwe wat geval het, gaan optel nie. Los dit vir die arm mense en vir die vreemdelinge van ander plekke wat by julle bly. Ek is tog die Here julle God.”