Leviticus 18:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of dogter van jou moeder, of sy tuis of in die buiteland gebore is, hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy mag ook nie seksuele gemeenskap met jou suster of jou halfsuster hê nie, of sy nou jou pa se dogter of jou ma se dogter is en of sy aan dieselfde familie behoort nie.
Afrikaans 1933/1953 Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie met jou suster gemeenskap hê nie, ook nie met 'n halfsuster aan vaderskant of aan moederskant nie, of hulle nou deel is van die gesin of nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die naaktheid van jou suster, jou vader of jou moeder se dogter, mag jy nie ontbloot nie, of sy nou as deel van die huishouding gebore is of nie. Jy mag hulle naaktheid nie ontbloot nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy mag nie seks hê met jou suster nie, ook nie met jou stiefsuster wat in die huis of op 'n ander plek gebore is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag ook nie by jou suster slaap nie. Dit maak geen verskil of dit jou halfsuster is aan jou pa se kant of aan jou ma se kant en of sy nou in dieselfde huis grootgeword het as jy of in ’n ander huis nie.