Leviticus 18:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die skaamte van jou vader of die skaamte van jou moeder mag jy nie ontbloot nie; sy is jou moeder; jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie jou pa oneer aandoen deur gemeenskap te hê met jou ma nie, want Ek is die Here. Sy is tog jou ma, jy mag nooit met haar seksuele gemeenskap hê nie.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie jou pa die skande aandoen dat jy met jou ma gemeenskap het nie. Sy is tog immers jou ma. Jy mag nie met haar gemeenskap hê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die naaktheid wat aan jou vader behoort, naamlik die naaktheid van jou moeder, mag jy nie ontbloot nie. Sy is jou moeder. Jy mag nie haar naaktheid ontbloot nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy mag nie seks hê met jou ma nie, want jy sal skande bring oor jou pa se naam. Sy is jou ma, jy mag nie seks hê met haar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie jou pa in die skande bring en by jou ma slaap nie. Sy is jou ma en jy mag nie seks met haar hê nie.