Leviticus 18:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom moet julle my verordening onderhou, dat julle nie een van hierdie afskuwelike gebruike doen wat voor julle gedoen is nie, en dat julle julle nie daarin verontreinig nie: Ek is die HERE julle God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wees dus versigtig en gehoorsaam my gebooie en moenie een van hierdie afskuwelike dinge doen nie. Moenie jouself onrein maak deur hierdie goed te doen nie, want Ek, die Here, is julle God.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God. |
| Afrikaans 1983 | Wees gehoorsaam aan wat Ek julle beveel. Vermy die afstootlike gebruike van die vorige inwoners en hou julleself rein. Ek is die Here julle God.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet die verpligtinge wat Ek julle oplê, nakom, deur geeneen van die afstootlike voorskrifte uit te voer wat voor julle gedoen is nie. Julle mag julle nie daardeur verontreinig nie. Ek is die Here, julle God.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet aanhou om te doen wat Ek gesê het, julle moenie een van die dinge doen wat die mense gedoen het wat voorheen hier gewoon het nie. Julle moenie julleself onrein laat word nie. Ek is julle God die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Handhaaf die standaarde wat Ek gestel het, sodat julle nie dieselfde afskuwelike dinge doen waaraan die inwoners voor julle hulle skuldig gemaak het nie. Moenie julleself met daardie dinge verwerplik maak nie. Ek is die Here julle God.” |