Leviticus 18:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Volgens die handelinge van Egipteland waarin julle gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die handelinge van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie; en in hulle verordeninge mag julle nie wandel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie maak soos die Egiptenaars by wie julle gewoon het of soos die Kanaäniete na wie toe Ek julle neem nie. Moenie hulle manier van lewe navolg nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle mag nie maak soos die Egiptenaars by wie julle gewoon het, of soos die Kanaäniete na wie se land toe Ek julle bring nie. Julle mag hulle gebruike nie navolg nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die gebruike van Egipteland, waar julle gewoon het, mag julle nie nadoen nie, en die gebruike van die land Kanaän, waarheen ek julle gaan neem, mag julle nie nadoen nie; volgens hulle voorskrifte mag julle nie leef nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het voorheen in die land Egipte gewoon, maar julle mag nie die dinge doen wat die mense van daardie land gedoen het nie. Ek bring julle nou na die land Kanaän, maar julle mag ook nie die dinge doen wat die mense van daardie land doen nie. Julle mag nie lewe soos hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | mag julle nie maak soos die mense van Egipte by wie julle gebly het nie. Julle moet ook nie leef soos die mense van Kanaän waarnatoe Ek met julle op pad is nie. Julle mag nie hulle gewoontes aanleer nie. |