Leviticus 18:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle moet dan my insettinge en my verordeninge onderhou en geen van hierdie gruwels pleeg nie; geen van jou eie nasie of enige vreemdeling wat onder jou vertoef nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet al die reëls en regulasies noukeurig gehoorsaam en nie een van hierdie afskuwelike goed doen nie. Dit geld vir julle as gebore Israeliete en vir die vreemdelinge wat onder julle woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef. |
| Afrikaans 1983 | Julle almal, die gebore Israeliete en die vreemdelinge by julle, moet my voorskrifte en bepalings gehoorsaam. Julle mag geen van dié afstootlike dinge doen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Julle moet my vaste voorskrifte en bepalings nakom. Julle mag nie enige van hierdie afstootlike dinge doen nie, die gebore Israeliete én die •vreemdelinge wat tussen julle woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet aanhou om te doen wat Ek sê en wat Ek besluit, julle moenie een van hierdie dinge doen wat Ek haat nie, die Israeliete moenie dit doen nie, en ook nie die vreemdelinge nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle moet by my reëls en my voorskrifte hou. Gebore Israeliete sowel as die buitelanders wat tussen julle woon, moet oppas om niks van hierdie lelike dinge te doen nie. |