Leviticus 18:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die land is verontreinig; daarom besoek Ek sy ongeregtigheid daarop, en die land self spoeg sy inwoners uit.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele land is deur hulle verontreinig. Dit is waarom Ek die mense wat daar woon, straf. Binnekort sal die land hulle opgooi.
Afrikaans 1933/1953 So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug.
Afrikaans 1983 Hulle het die land verontreinig en Ek het die land daarvoor gestraf sodat hy sy bewoners uitgespoeg het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die land het onrein geword. Ek het die land tot verantwoording geroep oor haar sondeskuld en sy het haar inwoners uitgespoeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die land het ook onrein geword, daarom sal Ek die land straf sodat die land die mense sal wegjaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs die land het vir my so vuil geword dat Ek dit moes skoonmaak met my straf. Die land gaan van sy inwoners ontslae raak asof hulle uit iemand se mond uitgespoeg word.