Leviticus 18:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy mag met geen dier gemeenskap hê om jou daarmee te verontreinig nie; en geen vrou mag voor 'n dier staan om daarop te gaan lê nie; dit is verwarring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “’n Man mag homself nie onrein maak deur geslagsgemeenskap met ’n dier te hê nie. ’n Vrou mag haar ook nie aanbied om met ’n manlike dier geslagsgemeenskap te hê nie. Dit is ’n verskriklike ding. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy mag met g,,n dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. 'n Vrou mag ook nie voor 'n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is 'n gruwelike vermenging. |
| Afrikaans 1983 | “Jy mag met geen dier geslagsgemeenskap hê en jouself so besoedel nie. 'n Vrou mag dit ook nie doen nie. Dit is iets afskuweliks. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met geen dier mag jy geslagsgemeenskap hê en daardeur onrein raak nie. 'n Vrou mag nie voor 'n dier gaan staan om te paar nie. Dit is skandalig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Man mag nie seks hê met 'n dier nie. 'n Vrou mag ook nie seks hê met 'n dier nie, die Here haat dit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Man moenie homself verwerplik maak en seksueel met ’n dier verkeer nie. ’n Vrou mag dit ook nie met ’n dier doen nie. Dit is ’n skande.” |