Leviticus 18:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy mag geen van jou nageslag vir Molog deur die vuur laat gaan nie, en jy mag die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie enigeen van jou kinders as ’n offer aan Molek gee en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE. |
| Afrikaans 1983 | “Jy mag nie een van jou kinders wy aan Molek en só die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Jy mag nie iemand uit jou nageslag aanbied om hulle aan Moleg toe te wy nie. Jy mag nie die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy mag nie 'n kind of 'n kleinkind van jou offer vir Molek nie, jy mag nie die Naam van jou God ontwy nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy mag nooit enige van jou kinders aan die afgod Molek gee en so jou God se Naam deur die modder sleep nie. Ek is tog mos die Here. |