Leviticus 18:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag die skaamte van 'n vrou en haar dogter nie ontbloot nie, en jy mag haar seun se dogter of haar dogter se dogter nie neem om haar skaamte te ontbloot nie; want hulle is haar naaste bloedverwante: dit is boosheid.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy mag nie seksuele gemeenskap hê met ’n vrou en ook haar dogter nie. Jy mag nie met ’n vrou en haar kleindogter trou nie, of dit nou haar seun se dogter of haar dogter se dogter is. Hulle is naby familie en om dit te doen sal ’n afskuwelike daad wees.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag die skaamte van 'n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie gemeenskap hê met 'n vrou en met haar dogter nie. Jy mag die vrou nie die skande aandoen dat jy met 'n kleindogter van haar trou nie. Hulle is haar nageslag en dit sal 'n afstootlike daad wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die naaktheid van 'n vrou en haar dogter mag jy nie ontbloot nie. Die dogter van jou vrou se seun en die dogter van haar dogter mag jy nie as vrou neem om haar naaktheid te ontbloot nie. Hulle is haar bloedverwante. Dit sou 'n skanddaad wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy mag nie seks hê met 'n vrou én met haar dogter nie. Jy mag ook nie trou met 'n kleindogter van daardie vrou nie, jy sal skande bring oor die vrou se naam. Dit is haar kleindogter, dit sal sleg wees as jy met haar kleindogter trou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag nie tegelyk ’n seksuele verhouding hê met ’n vrou en haar dogter of haar kleindogter nie, of dit nou aan haar seun of haar dogter se kant is. Hulle is haar bloedfamilie. Dit is lelik om so iets te doen.