Leviticus 18:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, gebore uit jou vader, sy is jou suster; jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy mag nie seksuele gemeenskap hê met die dogter van enige van jou pa se vroue nie, want sy is jou halfsuster.
Afrikaans 1933/1953 Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie met 'n halfsuster aan vaderskant gemeenskap hê nie, want sy is jou suster.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die naaktheid van 'n dogter van 'n vrou van jou vader, wat deur jou vader verwek is – sy is jou suster, jy mag haar naaktheid nie ontbloot nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy mag nie seks hê met jou halwe suster nie, sy is jou suster.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met ’n dogter van een van jou pa se ander vroue mag jy ook nie seks hê nie. Jou pa is ook haar pa en sy is jou eie familie.